Prayer Update - Gebedsbrief

June 2001
Previous Prayer Update
Junie 2001
(For Afrikaans please scroll down)
I want to be a Prayer Warrior
I have a personal Prayer Request

Dear Brothers and Sisters

As it has been some time since we last updated you, we would like to give you a short overview of recent developments in the ministry. However, the purpose of this letter is not only informative, but specifically to ask you for prayer.

The Deaf People's Project in Russia

From our previous newsletter you will recall the tremendous need of the deaf people in Russia. Since then we have been gathering valuable information from various Western Deaf Peoples' organisations. Although there is some internationally developed material for the deaf (which does of course help) we have not seen any material of note which contributes to deaf discipleship per se.

In view of the tremendous need for material to equip the deaf to evangelise their own people, we have been led by the Lord after much prayer to develop the "Visual Discipleship Programme For The Deaf". We are most greatful for a broadcast quality video camera donated to do the recording. This enables us to launch this monumental project with our next visit to the Caucasus. Due to the complexity of the project, it will be done in four different stages. Each section will be released for use before the next one is started. It is planned to complete the whole project within one year.

We have also had contact with Deaf congregations in South Africa with positive results. We trust that they will give valuable support in all areas.

Pastor Ashod
Pastor Ashod, who started the ministry to the deaf in Vladikavkaz

Praise God for opening our eyes to this crucial need, and for enabling us to undertake this seemingly impossible task.

Praise God for providing the video camera to do the work, as well as for the people who are willing to take part in this project.

Please continue with us in prayer for completion of this vital project.

Philippines

We still urgently need to minister to Pastor Litvo and the remote Manobo mountain people in the Philippines. During February this year we received an offer for a free airticket to minister there. However, to date we have not realised the ministry funds for the needed travel, board and lodging there and have thus not been able to execute this calling.

Please pray for the required additional resources for this missionary trip, as well as God's guidance.

Outreach Russia

We need to return to the Northern and Southern Caucuses regions so that we can do the urgently needed follow up work in the congregations of the pastors whom we trained last year. This is a crucial area of the work.

Please also pray for the Lord's continued providence in this area.

Door of Hope Mission - South Africa

PO Box 72191

Lynnwood Ridge

0040 South Africa

Tel: +27(12) 347-1165 Fax: +27(12) 347-1279

Bank: ABSA Lynnwood Ridge - Account Nr: 1630 310 268 - Bank Code: 333-845
SWIFT Telegraphic Address: ABSAZAJJ

Please CONTACT US if you want more information on any of the above.

Gebedsbrief

Liewe Broers en Susters

Aangesien dit 'n geruime tyd is vandat ons u op hoogte van sake gebring het, gee ons graag vir u 'n kort oorsig oor die jongste ontwikkelinge in die bediening. Die doel van hierdie brief is egter meer as om net inligting deur te gee - ons vertrou dat u saam met ons sal bid oor die volgende sake.

Die Projek vir Dowes in Rusland

In die vorige nuusbrief het ons geskryf oor die geweldige nood van die dowe gemeenskap in Rusland. Die afgelope paar maande het ons waardevolle inligting bekom vanaf verskeie organisasies vir Dowes wêreldwyd. Alhoewel daar internasionaal materiaal vir dowes ontwikkel is (wat uiteraard 'n groot behoefte aanspreek), kon ons nie enige noemenswaardige materiaal opspoor in die area van dissipelskap onder dowes nie.

In die lig van hierdie geweldige behoefte aan materiaal om die dowes toe te rus om hulle eie mense te evangeliseer, ondervind ons na baie gebede dat die Here ons lei om die "Visuele Dissipelskap Program vir Dowes" te ontwikkel. Ons ervaar die Here se voorsiening in die skenking van 'n uitsaai-kwaliteit videokamera waarmee ons die program kan opneem. Hierdeur is dit nou moontlik om hierdie grootse projek te begin met ons volgende besoek aan die Kaukasus. Omrede die omvanrykheid van die projek, sal dit oor vier fases geskied. Na voltooiing van elke deel sal dit vrygestel word vir gebruik voordat die volgende deel begin word. Ons voorsien dat die totale projek een jaar sal neem om te voltooi.

Ons het ook kontak met Dowe gemeentes in Suid-Afrika gehad, met positiewe resultate. Ons vertrou dat hulle 'n positiewe inset sal lewer in menige areas.

 
Pastor Ashod
Pastoor Ashod, wat die bediening onder die dowes van Vladikavkaz begin het

Loof die Here dat Hy ons oë geopen het vir hierdie groot behoefte, en dit vir ons moontlik maak om hierdie byna onmoontlike taak aan te pak.

Loof God vir voorsiening van die videokamera waarmee die werk gedoen kan word, sowel as vir die mense wat bereid is om deel te hê hieraan.

Bid asseblief deurlopend saam met ons vir die voltooiing van hierdie noodsaaklike projek.

Filippyne

Daar bestaan steeds 'n dringende behoefte vir ons om Pastoor Litvo en die verafgeleë Manobo bergstam in die Filippyne te bedien. Gedurende Februarie vanjaar het ons 'n aanbod gekry vir 'n gratis vliegtuigkaartjie om daar te bedien. Ongelukkig kon ons tot dusver nie die nodige fondse genereer om die verdere reiskoste en akkommodasie te dek nie, en kon dus nog nie hierdie roeping realiseer nie.

Bid asseblief vir die noodsaaklike verdere fondse vir hierdie sending besoek, asook God se leiding hierin.

Rusland Uitreik

Dit is noodsaaklik dat ons terugkeer na die Noordelike en Suidelike Kaukasus gebiede om deurslaggewende opvolgwerk te doen in die gemeentes van die pastore wat ons verlede jaar opgelei het. Hierdie is 'n kritiese area van die werk.

Bid asseblief ook vir die Here se voorsiening in hierdie area.

Door of Hope Mission - Suid-Afrika

Posbus 72191

Lynnwoodrif

0040 Suid-Afrika

Tel: +27(12) 347-1165 Faks: +27(12) 347-1279

Bank: ABSA Lynnwoodrif - Rekening Nr: 1630 310 268 - Bank Kode: 333-845
SWIFT Telegrafiese Adres: ABSAZAJJ

KONTAK ONS asseblief indien u meer inligting oor enige van bogenoemde verlang.